Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:18-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.

19. U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o Here God!

20. Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

21. God is vir ons ’n God van verlossinge, en die Here Here het uitkomste teen die dood.

22. Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.

23. Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;

24. sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.

25. o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

26. Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.

27. Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!

28. Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda — hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.

29. Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!

Lees volledige hoofstuk Psalms 68