Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. Van Dawid. ’n Psalm. ’n Lied.

2. God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!

3. Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.

4. Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

5. Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

6. ’n Vader van die wese en ’n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.

7. God laat die eensames woon in ’n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in ’n dor land.

8. o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,

9. het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!

10. Met ’n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het Ú dit versterk.

11. U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!

12. Die Here het die woord laat hoor — die vroue wat die goeie tyding gebring het, was ’n groot skare:

Lees volledige hoofstuk Psalms 68