Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 66:9-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.

10. Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos ’n mens silwer louter.

11. U het ons in die net gebring, ’n swaar las op ons heupe gelê.

12. U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.

13. Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,

14. wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was.

15. Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.

16. Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.

17. Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.

18. As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.

19. Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.

20. Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!

Lees volledige hoofstuk Psalms 66