Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 65:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. ’n Lied.

2. Aan U kom ’n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.

3. o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!

4. Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.

5. Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.

6. Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!

7. Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,

8. wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;

9. sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.

Lees volledige hoofstuk Psalms 65