Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 63:7-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.

8. Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.

9. My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.

10. Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.

11. Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.

12. Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.

Lees volledige hoofstuk Psalms 63