Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 62:8-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

9. Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ’n toevlug vir ons. Sela.

10. Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

11. Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!

12. Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,

13. en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.

Lees volledige hoofstuk Psalms 62