Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 62:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Jedútun.” ’n Psalm van Dawid.

2. Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.

3. Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

4. Hoe lank sal julle aanstorm op ’n man, julle almal hom verbrysel soos ’n muur wat oorhang, ’n omgestote klipmuur?

5. Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.

6. Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!

7. Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.

8. By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

Lees volledige hoofstuk Psalms 62