Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 60:7-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!

8. God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.

9. Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.

10. Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!

11. Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?

12. Het Ú, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

13. Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid.

14. In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.

Lees volledige hoofstuk Psalms 60