Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 60:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die Lelie van die Getuienis.” ’n Gedig van Dawid, om te onderrig.

2. Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalfduisend.

3. o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!

4. U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!

5. U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.

6. U het aan die wat u vrees, ’n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.

7. Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!

Lees volledige hoofstuk Psalms 60