Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 6:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. o Here, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3. Wees my genadig, Here, want ek is verswak; maak my gesond, Here, want my gebeente is verskrik.

4. Ja, my siel is baie verskrik; en U, Here, tot hoe lank?

5. Keer terug, Here, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.

6. Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

7. Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.

Lees volledige hoofstuk Psalms 6