Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 58:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig.

2. Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?

3. Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.

4. Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.

5. Hulle het gif soos die gif van ’n slang; soos ’n dowe adder wat sy oor toestop,

6. wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.

7. o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o Here!

8. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 58