Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 57:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.

2. Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.

3. Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.

4. Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.

5. Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong ’n skerp swaard is.

6. Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

Lees volledige hoofstuk Psalms 57