Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.

6. Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.

7. Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!

8. Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.

9. Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.

10. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.

11. Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55