Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:10-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.

11. Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.

12. Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.

13. Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;

14. maar jy, ’n man soos ek, my vriend en my vertroude!

15. Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.

16. Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.

17. Maar ek, ek roep God aan, en die Here sal my verlos.

18. Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.

19. Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.

20. God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.

21. Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55