Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Onderwysing van Dawid.

2. o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.

3. Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,

4. weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.

5. My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.

6. Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.

7. Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!

Lees volledige hoofstuk Psalms 55