Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 52:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!

7. So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.

8. En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:

9. Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!

10. Maar ek sal wees soos ’n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.

11. Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.

Lees volledige hoofstuk Psalms 52