1. VIR die musiekleier. ’n Onderwysing van Dawid,
2. toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan.
3. Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!
4. Jou tong beraam onheil, soos ’n geslypte skeermes, o werker van bedrog!
5. Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.
6. Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!
7. So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.