Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:5-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!

6. En — die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.

7. Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!

8. Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.

9. Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;

10. want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.

11. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.

12. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.

13. Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?

14. Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;

15. en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

16. Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond —

Lees volledige hoofstuk Psalms 50