Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. As jy ’n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.

19. Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.

20. Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.

21. Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.

22. Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.

23. Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.

Lees volledige hoofstuk Psalms 50