Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Asaf.Die God van die gode, die Here, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.

2. Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.

3. Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.

4. Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:

5. Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!

6. En — die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.

7. Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!

8. Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.

9. Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;

10. want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.

Lees volledige hoofstuk Psalms 50