Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:7-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?

8. Niemand kan ooit ’n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie

9. (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),

10. dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.

11. Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.

12. Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.

13. Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.

14. Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ’n behae het. Sela.

15. Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.

16. Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.

17. Wees nie bevrees as ’n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;

Lees volledige hoofstuk Psalms 49