Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2. Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,

3. geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!

4. My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

5. Ek sal my oor neig tot ’n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.

6. Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring —

7. die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?

8. Niemand kan ooit ’n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie

9. (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),

10. dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.

11. Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.

12. Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.

Lees volledige hoofstuk Psalms 49