Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 48:7-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.

8. Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.

9. Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die Here van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.

10. o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.

11. Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.

12. Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.

13. Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;

14. let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,

15. dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.

Lees volledige hoofstuk Psalms 48