Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 47:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.

6. God vaar op met gejuig, die Here met basuingeklank.

7. Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!

8. Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ’n onderwysing.

9. God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.

10. Die edeles van die volke het vergader — ’n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!

Lees volledige hoofstuk Psalms 47