Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44:15-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. U maak ons ’n spreekwoord onder die nasies, ’n hoofskudding onder die volke.

16. My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;

17. weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.

18. Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.

19. Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,

20. alhoewel U ons verbrysel het in ’n plek van jakkalse en ons met ’n doodskaduwee oordek.

21. As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na ’n vreemde god —

22. sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

23. Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.

24. Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!

25. Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?

26. Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.

27. Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!

Lees volledige hoofstuk Psalms 44