Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44:12-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.

13. U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.

14. U maak ons ’n smaad vir ons bure, ’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

15. U maak ons ’n spreekwoord onder die nasies, ’n hoofskudding onder die volke.

16. My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;

17. weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.

18. Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.

19. Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,

20. alhoewel U ons verbrysel het in ’n plek van jakkalse en ons met ’n doodskaduwee oordek.

21. As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na ’n vreemde god —

22. sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

23. Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.

Lees volledige hoofstuk Psalms 44