Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 41:6-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?

7. En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.

8. Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:

9. Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.

10. Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.

11. Maar U, o Here, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!

12. Hieraan weet ek dat U ’n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.

13. My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid.

14. Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.

Lees volledige hoofstuk Psalms 41