Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 41:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2. Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die Here sal hom red in die dag van onheil.

3. Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.

4. Die Here sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.

5. Ék het gesê: o Here, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.

6. My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?

7. En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.

8. Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:

Lees volledige hoofstuk Psalms 41