Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 4:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Weet tog dat die Here vir Hom ’n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep.

5. Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.

6. Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die Here.

7. Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!

8. Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

9. Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.

Lees volledige hoofstuk Psalms 4