Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 4:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid.

2. As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!

3. o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.

4. Weet tog dat die Here vir Hom ’n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep.

5. Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.

6. Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die Here.

Lees volledige hoofstuk Psalms 4