Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 38:15-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Ja, ek is soos ’n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;

16. want op U, Here, wag ek; Ú sal verhoor, Here my God!

17. Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!

18. Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.

19. Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.

20. Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.

21. En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.

Lees volledige hoofstuk Psalms 38