Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 38:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid, by die gedenkoffer.

2. o Here, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3. Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.

4. Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.

5. Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos ’n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.

6. My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.

7. Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;

8. want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.

9. Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.

10. Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.

11. My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 38