Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:31-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.

32. Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.

33. Die Here gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.

34. Kof. Wag op die Here en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.

35. Resj. Ek het die goddelose gesien, ’n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ’n groen inlandse boom.

36. Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.

37. Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ’n toekoms vir die man van vrede.

38. Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.

39. Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in tyd van benoudheid.

40. En die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37