Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;

2. want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.

3. Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,

4. en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

5. Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;

6. en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.

7. Dalet. Swyg voor die Here en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

8. He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37