Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;

2. want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.

3. Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,

4. en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

5. Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;

6. en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.

7. Dalet. Swyg voor die Here en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

8. He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.

9. Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die Here verwag, hulle sal die aarde besit.

10. Wau. En nog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.

11. Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37