Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 34:7-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

8. Get. Die Engel van die Here trek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

9. Tet. Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

10. Jod. Vrees die Here, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.

11. Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die Here soek, het geen gebrek aan enigiets nie.

12. Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die Here leer.

13. Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?

14. Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.

15. Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.

16. Ajin. Die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.

17. Pe. Die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.

18. Sade. Hulle roep, en die Here hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.

19. Kof. Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

20. Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom.

21. Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.

22. Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.

23. Die Here verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 34