Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 34:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.

2. Alef. Ek wil die Here altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.

3. Bet. My siel sal hom beroem in die Here; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.

4. Gimel. Maak die Here saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!

5. Dalet. Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.

6. He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.

7. Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

8. Get. Die Engel van die Here trek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

Lees volledige hoofstuk Psalms 34