Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Sing tot sy eer ’n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.

4. Want die woord van die Here is reg, en al sy werk is met trou.

5. Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here.

6. Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

7. Hy versamel die waters van die see soos ’n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.

8. Laat die hele aarde vir die Here vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;

Lees volledige hoofstuk Psalms 33