Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:10-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Die Here vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.

11. Die raad van die Here bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.

12. Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.

13. Die Here kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.

14. Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,

15. Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.

16. ’n Koning word nie verlos deur ’n groot leër, ’n held nie gered deur groot krag nie.

17. Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.

18. Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;

19. om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.

20. Ons siel wag op die Here; Hy is ons hulp en ons skild;

21. want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33