Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. o REGVERDIGES, jubel in die Here! ’n Loflied betaam die opregtes.

2. Loof die Here met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.

3. Sing tot sy eer ’n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.

4. Want die woord van die Here is reg, en al sy werk is met trou.

5. Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here.

6. Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33