Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 3:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.

2. o Here, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.

3. Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

4. Maar U, Here, is ’n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

5. Luid roep ek die Here aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

6. Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die Here ondersteun my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 3