Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 28:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid.Ek roep U aan, o Here! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.

2. Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.

3. Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.

4. Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.

5. Omdat hulle nie let op die dade van die Here of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.

6. Geloofd sy die Here, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.

Lees volledige hoofstuk Psalms 28