Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 27:10-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die Here sal my aanneem.

11. Here, leer my u weg en lei my op ’n gelyk pad, vanweë my vyande.

12. Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.

13. o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...

14. Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!

Lees volledige hoofstuk Psalms 27