Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 26:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid. Doen aan my reg, o Here, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die Here sonder om te wankel.

2. Toets my, Here, en beproef my, keur my niere en my hart;

3. want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.

4. Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 26