Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:6-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Sajin. Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.

7. Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o Here!

8. Tet. Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.

9. Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.

10. Kaf. Al die paaie van die Here is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.

11. Lamed. Om u Naam ontwil, Here, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.

12. Mem. Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.

13. Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25