Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.

3. Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.

4. Dalet. Here, maak my u weë bekend; leer my u paaie.

5. He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.

6. Sajin. Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25