Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:13-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.

14. Samek. Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.

15. Ajin. My oë is altyddeur op die Here, want Hý sal my voete uit die net uitlei.

16. Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.

17. Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.

18. Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.

19. Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met ’n gewelddadige haat.

20. Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.

21. Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25