Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid. Alef. Tot U, o Here, hef ek my siel op.

2. Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.

3. Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.

4. Dalet. Here, maak my u weë bekend; leer my u paaie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25