Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 21:1-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2. o Here, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

3. U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.

4. Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U ’n kroon van fyn goud.

5. Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

6. Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

7. Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

8. Want die koning vertrou op die Here, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

9. U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

10. U sal hulle maak soos ’n vurige oond as U verskyn; die Here sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11. U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12. Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het ’n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

13. Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.

14. Verhef U, Here, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!

Lees volledige hoofstuk Psalms 21