Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 20:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2. Mag die Here u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!

3. Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!

4. Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.

5. Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!

6. Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die Here al u begeertes vervul!

7. Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.

Lees volledige hoofstuk Psalms 20